10 dae gelede
Seer afskeid vir vermoorde Matthew
ouers: Tanya Smith en Jan Willemse Saterdag by hul seuntjie, Matthew, se begrafnis. Foto:BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Gone too soon.

Klein Matthew Smith (3), die seuntjie wat na bewering vermoor is, is Saterdag vanuit die Rooms Katolieke Kerk begrawe.

Son het verlede week berig oor Matthew se tragiese dood. Eers is beweer hy het sy nek gebreek toe hy van ’n boomstomp afgeval het.

Maar ’n nadoodse ondersoek het toe gewys dat Matthew vermoor is.

Matthew se biologiese mammie, Tanya, was tydens die diens kalm, terwyl sy daddy, Jan Willemse (44), ontroosbaar was.

In ’n huldeblyk sê Janine Fabe dat Matthew ’n lieflike kind was. “Hy was versot op kos en het baie daarvan gehou om met sy maatjies te speel,” sê sy.

Ricardo Hendricks het spe­siaal uit Kaapstad gekom om die diens te behartig en het vir Tanya en Jan woorde van bemoediging gegee.

Matthew se maatjies en van die familielede het almal T-shirts met ’n foto van hom tydens die seremonie gedra.

Willemse het ná die begrafnis aan Son gesê dat die verdagte, Maria Fortuin (23), vandag in die landdroshof gaan verskyn.

Volgens Willemse sal mense met plakkate voor die hof betoog dat Fortuin borgtog geweier word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters