5 dae gelede
Ouer wil weet oor skoolgeld
 ~ 

’N MA van ’n gr. R-leerder van die Primêre Skool Dalweide in die Paarl kan nie verstaan hoekom sy skoolfonds moet betaal as die skool ’n geen-fooie-skool is nie.

Die ma, wat anoniem wil bly, sê haar kind moet volgende jaar gr. 1 toe gaan, maar sy het reeds ’n brief van die skool ontvang wat sê as sy nie die geld vir die jaar betaal nie, sal daar nie plek vir haar kind wees nie.

Sy sê sy het in die begin van die jaar R200 betaal om haar kind te laat registreer. Daarna moes die ouers 10 maande lank R100 per maand betaal.

“Ek het die R200 betaal, maar toe gepraat met iemand wie se kind ook by ’n no fees-skool is. Dié persoon het gesê hulle betaal nie ’n sent nie en moet net skryfbehoeftes koop,” sê sy.

Onregverdig

Die skool se brief lui: “Ons is nie verplig om u kind hier in te skryf nie. Ons wil die beste vir u kind bied, daarom verkies ons ouers wat die beste vir hul kind gee en die beste van hul kind verwag.”

Die ma gaan aan: “Dis nie ’n privaat skool nie.

“So, ek verstaan nie hoekom ons soveel geld moet uitgee nie. Dis onregverdig om die kind te straf oor ons nie kan betaal nie,” sê die ma.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê die departement is nie bewus van die brief nie, maar sal dit ondersoek.

Merton sê skole kan ouers vra om ’n voorskot op fooie te betaal sodra die ouers ’n plek skriftelik aanvaar het. Die ouers kan dan aansoek doen om vrystelling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters