3 maande gelede
Ou vies oor ‘hotnot-skel’
erg teleurgesteld: Chris Davids beweer hy is deur ’n wit man sleggesê. Foto: COLIN HENDRICKS  ~ 
erg teleurgesteld: Chris Davids beweer hy is deur ’n wit man sleggesê. Foto: COLIN HENDRICKS
VOORVAL: Dr. Johan Leibbrandt, munisipale bestuurder, sê hulle het die klagte ontvang. Foto: kemptonexpress

AS JY na die Drakenstein-munisipaliteit in die Paarl gaan, maak seker jy gedra jou nie soos ’n “hotnot” nie.

Chris Davids, navorser en atletiekafrigter by die Universiteit Stellenbosch, sê hy is Donderdag lelik in die gesig gevat toe hy by die Drakenstein-munisipaliteit wou gaan navrae doen het.

“Dit kom nou al ’n geruime tyd aan dat ek te veel betaal vir my besigheid se munisipale rekening. My rekening is elke maand foutief.”

Beredder

Davids (56) sê die munisipaliteit is reeds besig met konsolidasie van sy rekening, maar dat ’n werker in die munisipaliteit se finansies-afdeling net aanhou prokureursbriewe van die munisipaliteit na hom stuur om agterstallige gelde te verhaal.

“Toe gaan ek Woensdag tot by die munisipaliteit en vra dat ons die situasie moet beredder.

“Terwyl hy nog na my aangestap kom, toe sê hy: ‘Ek praat nie met bruin mense soos jy nie’.”

Davids sê hy het toe aan die wit man gesê: “Lyk my jy wil alleen lewe.

“Dit is toe dat hy sê: ‘En jy act nou soos ’n regte hotnot.’”

Davids sê hy het “só sleg gevoel” oor wat hy moes aanhoor.

“Ek het minder as ’n skaap gevoel. Dit is hoe ons by Drakenstein-munisipaliteit behandel word.

“Die wit mense wil in hul bevoorregte posisies bly en ons agterhou.

“Om te dink aan ál die dinge wat ek al oor die jare vir Drakenstein bygedra het. Ek het ’n transportnetwerk op die been gebring sodat daar geen taxigeweld is nie.

“Ek het sportnetwerke vir die munisipaliteit opgestel en dít is die dankie wat ek kry.”

Hy sê hy voel die munisipaliteit voer ’n heksejag op sy familie.

“Ek kan nie help dat ons ’n suksesvolle, gevestigde familie in die Boland is nie,” vertel Davids.

Dr. Johan Leibbrandt, munisipale bestuurder, sê die munisipaliteit het ’n formele klagte van Davids ontvang.

“Die bewerings word in ’n baie ernstige lig beskou,” sê hy. “Die klagte is Donderdag ontvang en die ondersoek is aan die gang.”

Hy sê ’n ondersoek sal plaasvind en afhangend van die uitslag sal dissiplinêre stappe geneem word, indien nodig.

“Die munisipaliteit het ’n geen toleransie-beleid ten opsigte van rassisme en sal dit nie toelaat nie,” sê Leibbrandt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters