2 maande gelede
Ou boom bedreig
reus: Mense in die straat is bekommerd oor dié bloekomboom wat nou ’n gevaar vir hulle inhou. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

MONTAGU. – ’n Ou straatreus, groter as die meeste huisies in die straat, bedreig nou inwoners se lewe.

Dié reuse-bloekomboom wat meters uittroon bo die inwoners se huise, dreig om Magdalena Avontuur (50) se huisie sat te val.

Avontuur, van Akasialaan, sê sy slaap met een oog oop uit bekommernis.

Sy moan: “Anderdag toe die wind weer so aanhoudend waai, het ek van bangheid onder die kooi weggekruip.”

Sy sê as die wind so woed, hoor sy die ou boom kraak en beur en dan vrees sy die ergste – dat sy nou die hemelse poorte gaan betree.

Vrot

Avontuur sê as daai boom haar huisie uit-wipe, het sy geen ander heenkome nie.

Avontuur skat dat die ou boom al ’n eeu oud is.

Sy onthou dat sy as kind van drie oud reeds die boom sien staan het.

Intussen het die boom se stam begin vrot en dis net ’n kwessie van tyd voordat dit meegee aarde toe.

Calvin Pekeur, ’n gemeenskapswerker, sê sowat 24 inwoners in die straat het reeds ’n petisielys geteken waarin hulle eis dat die Langeberg-munisipaliteit die boom moet kom afsaag.

Volgens Pekeur het ’n amptenaar gesê dis nie die munisipaliteit se werk om die boom te kom afsaag nie.

Die bure is nou woedend.

Matthew Sheldon, ’n munisipale woordvoerder, het by navraag gesê dat die munisipaliteit nie op privaat ­erwe werk nie.

Sheldon sê: “Dis die eienaar se eie verantwoordelikheid om die boom op haar erf te verwyder.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters