4 maande gelede
Diewe dra stuk-stuk stene weg

PAARL. – Vandalisme raak nou so erg dat geboue baksteen vir baksteen geplunder word.

Son het onlangs berig oor die sluiting van die Klein-Nederburg-kliniek.

Skaars ’n maand later word die gebou nou van boumateriaal gestroop.

Werkers probeer keer deur enige items van waarde van die perseel te verwyder.

Gebuk

Dit skrik egter nie stropers af nie. Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle net wag dat werkers klaarmaak sodat hulle die res van die gebou kan stroop.

Selfs in die tyd dat die kliniek bestaan het, het hy gereeld onder diefstal gebuk gegaan.

Dieselfde het gebeur by die Food O Rama-gebou, wat eers gebrand het en toe geplunder is.

Bakstene word blykbaar nou op bestelling aan klante verkoop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters