5 maande gelede
Vetkop vertel hoe Brother hom wou doodmaak
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Johnny Avontuur voel soos ’n lam ter slagting toe Vetkop Arendse se manskappe hom na hul grootbaas neem. By Vetkop gekom, wil Johnny eers ’n liegstorie spin oor die redes vir sy besoek aan die Weskus. Vetkop val egter nie vir sy kaarte nie en ’n paar stewige vuishoue later besluit Johnny om met die hele aartappelplaas na vore te kom. Hy vra of Vetkop vir Brother ken. Dan ruk Vetkop die wind uit Johnny se seile deur te sê dat Brother sy broer is. Huh? Geniet nou hoofstuk 7 van ELDRIDGE JASON se ­Avontuur. 
Johnny gaap Vetkop aan.
“Moenie vir my so kyk asof ek k*k praat nie,” sê Vetkop.
“Wil jy dan nou vir my sê ek lieg?” 
“Nee, nee,” cover Johnny vinnig vir sy wickets.
“Ek sê nie jy lieg as jy sê Brother is jou brother nie.
“But ek verstaan dinge nie so lekker nie.
“Ek mean maar-”
“Djou mean maar se gat,” sê Vetkop kil.
“As djy mean wil sien, dan moet djy dikhou om in my bek te mors.
“Vi’staan djy?”
Johnny bly doodstil.
“Anyhow,” gaan Vetkop koel en kalm voort, so asof niks gebeur het nie.
“Daai gemors van ’n Brother ken ek beter as wat ek die redes verstaan oor hoekom ’n man wat sub. A deur die venster gekyk het, ons president is.
“Soe, hoekom het Brother jou hierheen gestuur?”
Johnny trek sy asem skerp in en blaas dit dan stadig uit.
Hy het niks meer om te verloor nie, dink hy. Al wat hy kan doen, is om te hoop dat eerlikheid nog iets in die lewe beteken.
Haastig pak Johnny uit. Van hoe hy die aand by sy gunsteling-pub gaan suip en die oggend dik babelas langs Bruna Mars, ’n goose wat hy nie eens ken nie, wakker geword het.
Van hoe Bruna op die lyk van Jacky Ag se girlfriend in sy pozzy afgekom het en hoe Brother toe opgedaag het, die R20 000 wat Johnny hom skuld en toe die lyk gesien het...
Vetkop luister aandagtig en val hom nie een keer in die rede nie.
Hier en daar frons hy kwaai en haal hard asem, maar Vetkop sê nie ’n woord nie.
“En toe sê Brother hy sal my naam skoon kry en al die shit laat verdwyn as ek jou kan kom uithaal,” sluit Johnny af.
Snaaks, dink Johnny, hier loop hy die kans om deur Vetkop vermorsel te word, maar die feit dat hy al hierdie dinge van sy bors kon kry laat hom stukke beter voel.
Vetkop staan swaar op, vat sy en Johnny se glase en waggel weer tot by die kroegie.
“Ek dink djy makeer ’n stywe dop,” sê Vetkop met sy rug na Johnny gedraai.
Johnny kan nie anders as om te gril nie. Dit lyk asof die spekke langs Vetkop se nek met hom praat.
Brrr, imagine net die spek langs jou eiers - in jou brekfis plate - praat met jou, dink Johnny.
Vetkop plak Johnny se dop voor hom neer.
’n Paar druppels spat op Johnny se hand en hy lek dit af.
Vetkop kyk hom met afkeer aan.
“Uitgevreetheid vir drank is soos WiFi vir die duiwel,” sê Vetkop.
Hy weier om sleg te voel, dink Johnny.
“Brother is nie veel ouer as ek nie,” sê Vetkop en vat ’n sluk van sy duur whiskey.
“But van kleinsaf was hy die djêlas een.
“Ek was die een met brains, die een wat al wat accolade is op skool gekry het.
“Brother was iemand mette nat panty aan en kon dit nie vat nie.
“My oor’le ma - may her sold rest in peace - het hom try help.
“Ons toppie was natuurlik nie innie picture nie. Het lank gaan mang oor sy eie kop se k*k.
“But Brother wou nie regsê nie.”
Vetkop draai na Johnny.
“Het djy ienagge broers en susters?”
Johnny skud sy kop.
“Djy’s lucky,” merk Vetkop droog op. “Brother was soes grond op skool en was nie baie hêppie toe ek saam hom in matriek beland nie.
“En met daai jaar se matriekafskeid ... jarre, waa’ het djy nou al gesien djy brand djou broer se partner met acid oor djy nie ’n partner het nie?
“Anyhow, ek het gewiet die ding is siek in sy kop en een aand toe ons langs die pad skarrel vir ’n lift huis toe...”
Vetkop wys na ’n lang sny wat tussen die spekke van sy nek afloop.
“Hy wat Brother is slat my toe mette klip oorie kop lat ek unconscious is.
“Hy dink toe ek is vrek en pak my langs die R300, net voorie Stock Road turn-off, vol vannie klippe.
“Toe gat die slegding huis toe en gaa’ vi’tel vi’ o’s tannie dat die gangsters my ge-kidnap en iewers gaan vermoor het.
“Kan djy daai gloe? Watter broer doen daai aan sy eie bloedbroer?”
Vetkop se bors gons behoorlik soos wat hy sy asem skerp intrek.
“But daai is my broer vir jou,” sê hy en skud sy kop.
Dit lyk of die vette in sy nek hande klap, dink Johnny.
“Hoe het jy toe survive?” vra Johnny versigtig.
“?’n Ou toppie wat op pad Weskus toe was ... die plaasmense ken mossie die Kaap nie.
“Anyway, daai timer het my voete sien uitstiek en save toe my liewe.
“Hy vat my saam Weskus toe, hier tot in Paternoster, waar hy en sy vrou die ouers vi’ my raak wat ek nooit gehad het nie.
“Jare later het ek weer ’n draai in die Kaap kô maak en gehoor my taanie is sat.
“Brother was toe ’n dikding wat biesag was om opgang te maak.
“Toe besluit ek om my eie empire hier op te bou.
“Hy het my klaa’ ge-rob van ’n life in die Kaap, van ’n taanie wie se funeral ek nie eens kon bywoon nie.
“En nou wil hy my rob van die life wat ek hier vir my gebou het?” 
Vetkop slaan so hard met sy plathand op die tafel dat Johnny wip van die skrik.
“Djy,” sê Vetkop en druk amper sy vet wysvinger in Johnny se oog.
“Djy is lekker virre ride gevat.
“Johnny Ag is soe te sê witbiene en kan skaars asemhaal, wat nog vanne goose opklim.
“En daai Bruna-meid wat djy innie pub ge-meet het...
“Ek hou nog allie jare taps op Brother. Daai pittekop Bruna is een van sy loskinders.
“So, die way hoe ek dinge sien, was djy virre apie gevat en opge-set soe’lat Brother iemand kon kry om sy vuilwerk hie’sa kan kô doen.”
Johnny staar na Vetkop.
“Djy lyk verniet soe surprise,” sê Vetkop. “Dom mense kô dié goed oor. But ek gaan laat dat sjy jou mission complete. “Ek gaan djou allow om my witbiene te maak...”
)  Lees môre verder 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters