2 maande gelede
Die tjieng rol in dat die drie foonsnolle al soos merts lyk
 ~ 
’N MENS het nie ’n MBA van die Harvard-Universiteit nodig om die kuns van dirty talk aan te leer nie. Dis skynbaar juis die geleerdes wat soos vlieë val vir daai tipe jintoe-talk, seker omdat hulle dit nie by hul huis kry nie. Laat ’n ou jong net lekker voel oor homself en dryf sy koerasie diep in die rooi en sy beursie spring wyd-wyd oop. Dis die les wat Sarie haar twee vriendinne leer oor hoe om geld te verdien. Lees vandag die slotaflewering van CHRISTA PRINSLOO se verhaal wat sy Stouterd noem.

‘IS DIT dan almal ou Ingelse hoermans?” vra Emma nou twyfelagtig aan Sarie nadat sy met die oproep klaargemaak het.
Sarie skater van die lag.
Sy antwoord nie dadelik nie en hou die selfoon uit waarop die payment deurgekom het van haar laaste oproep.
’n Hele R200!
“Nei, man! Julle gaan nie glo wie dit was nie.”
“Wie?” “Wie?” skreeu Grieta en Emma gelyk uit nuuskierigheid.
Sarie smile stout en skuif nader aan haar twee pêlle om die geheim te deel.
“Dis Pastoor, man! Ek is heeltemal oortuig daarvan.”
“Wa-a-a-t?” kom die verbaasde uitroep van skok van Emma en Grieta.
“Ja, die ou skynheilige jintoe-jong is oortuig as hy Ingels praat, sal sy stem nie herken word nie.”
“Nou help ek hom sommer ’n bietjie uit daai tiendes uit wat ons drie so graag op Sondae van ons min geld aan hom afstaan. Ek vat net terug wat Pastoor heeltyd beweer in die boufonds sou gaan.”
Maar Emma hou aan.
“My Engels is baie swak.”
Sarie smile: “Dirty talk is ’n universal language. Die mans luister nie noodwendig wat jy te sê het nie. Dis hóé jy dit sê.”
“Trefwoorde soos ‘boobies’, ‘hot’ en ‘ek’s lus vir jou’ laat hul klein koppies spin.”
Grieta het nou twyfel en sy staan in haar lywige groot postuur uit die bank op.
“Kyk hoe lyk ek, man! Hoe kan ek sexy speel?”
Sarie paai weer: “Dis als in die mind, liewe Grieta. Imagine jouself as die sexy RiRi wat met haar mooi groen ogies mans van oor die wêreld heen verby mal het.
Sarie staan op en knyp ’n handvol van Grieta se oordadige boude in die jean.
“Imagine net jou bootie 600 keer sexier as daai Kim Kardashian-meid s’n.”
Grieta begin smile en maak die wendy-huisie beknop toe sy begin dans.
“Skud daai biscuit, meisie! Skud hom!” skreeu Sarie in aanmoediging.
Emma het intussen soos ’n hoogmoedige Persiese kat op een van die couches opgekrul.
Sy vat die jolige konsert verder en maak nou of sy besig is met ’n oproep.
“Oe, maar jy is ’n stoute outjie.” Sy gee ’n sexy giggel en ’n sug.
“Wat maak jy nou? Ek is besig om myself te mas­sage. Ek wens so jy was hier. Ek het daai sterk hande nodig.”
“Ai, ja,” sug Emma.
Sy voeg by: “Ek voel hoe jou hande oor my rug vryf. Wil jy nie jou hande om my lyf sit nie?”
Sarie klap hande.
“Emma, jy’s uitgeknip vir hierdie job! Ek’s bly ons het jou geadverteer as exotic!”
“Suster, djy ga’ geld maak!”
Die stuitigheid duur voort en later rol die trane soos die drie vriendinne vir mekaar lag.
Duidelik is die laaste drie maande wat Sarie nie in hul vriendekring was nie iets van die verlede.
Dan kondig Sarie heel saaklik aan soos dit ’n sakevrou betaam: “Okay, meisies, nou het ons genoeg gespeel en geoefen.
“Ek weet nie of julle opgelet het nie, maar ons het met dié geoefen baie business verloor.
“Die fone lui off the hook!”
Sarie verduidelik: “Ek hou die pay phone dop en as daar payment deurkom, dan gaan een van julle begin antwoord. Ek sal julle wys hoeveel tyd julle aan die oproep kan afstaan.”
Aanvanklik is Emma en Grieta so senuagtig dat hulle kan vrek.
Maar Sarie het ’n plan daarvoor.
Sy het haar beursie op die koffietafel kom neersit.
Die beursie staan dik gepak van die geld.
Al wat sy vir haar vriendinne daaroor gesê het, was: “Julle kan óf aanhou bang wees en nooit jul beursie so vol geld stop nie óf julle kan vasbyt.”
Meer motivering as daai het hulle nie makeer nie.
Teen 18:00 beduie Sarie met haar hande om te stop.
“Nou, wat nou?” vra Emma skoon teleurgesteld.
Sarie sê: “Dis tjailatyd. Ons moet onsself spaar vir môre en al die dae daarna.”
Grieta het intussen begin calculations maak en kan nie haar oë glo nie. Hoewel sy nog ’n foon-jintoe-in-training is, het sy vir die dag sover R645 verdien – en dis ná Sarie se cut!
Grieta smile en sê: “I can live with that.”
Emma is net so opgemaak en stem in dat dié sover die heel beste job was wat sy al ooit gehad het.
Dae raak maande en dis opsigtelik vir mense in die straat dat Sarie, Emma en Grieta nie meer sukkelende AllPay-tou­staners is nie.
Gevolglik het mense in die straat baie begin bespiegel.
Ou Twakjas is voor in die koor met die skinderstories.
Hy glo vas die vroumense se seuns het merts geraak en dis van smokkelgeld dat hulle nou so uitgevriet lyk.
En almal besef mos hoe ’n skinderstorie later kan ontaard in ’n heel vieslike gedoente. Daar is mos altyd ’n stertjie aan te las.
So is die storie dan ook in die geval van Sarie, Emma en Grieta totaal en al uit verband geruk.
Die drie sit juis weer aan vir nog ’n dag van phones antwoord wat soos by ’n call centre net nie wil ophou lui nie.
Dis Sarie wat eerste opmerk dat daar buite haar wendy-huis ’n chaos aangaan.
Die steekbaardbrak Skollie blaf buite homself van histerie en ou dowe ant Shirley se skril stem staan bokant die geraas die hardste uit.
“Merts! Merts! Merts!” kom die gille van beskuldiging.
Emma en Grieta sit nou albei stom van skok in die wendy-huis en staar na Sarie.
“Wat nou?”
Sarie praat nie met hulle nie.
Sy ruk haar voordeur so hard oop dat dit byna voel asof die huisie omtuimel.
Sy kyk die gemeenskap streng aan en skreeu dan harder as almal.
“Verkeerd, julle losers!”
“Lotto jackpot!”
“So, loep k*k nou maar!”
Pastoor staan ook geskok in die bondel asof hy vertaan. Dan sê hy skor en sedig: “Bedaar, broeders en susters! Sarie is reg ... dis die Lotto jackpot, dis wat dit is?...”

) Die einde
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters