4 maande gelede
Vrydag 5 saam Shimmy Isaacs
Shimmy Isaacs  ~ 
ONS het haar onlangs op die kassie in die dramareeks Sara se Geheim gesien, maar binnekort is Shimmy Isaacs weer as ’n komediant op die verhoog.

Sy is eersdaags vir net een aand in die Protea Hotel Fire & Ice in Kaapstad, waar sy jou gaan neem deur haar lewe in die kollig, verhoudings en reise tot waar sy vandag staan. Ons het haar ’n bietjie uitgevra.

Jy het eenkeer gesê jou liefde vir komedie kom van toneelspel. Kan jy daaroor uitwei?
My liefde vir komedie kom beslis van toneelspel. Komedie leen hom daartoe om my liefde vir karakters en plekke uit te leef. Ek kan oomblikke en omstandighede as akteur uitbeeld wat my inspireer om ons misverstande oor mekaar op ’n komiese manier oor te dra.

 Hoeveel van wat jy op die verhoog doen of sê, is improvisasie?
My gehoor bepaal of ek op die verhoog improviseer. Ek kan nie ignoreer wat in die gehoor aangaan nie. Dit skep wonderlike geleenthede vir komedie wanneer jy op jou voete dink.

Wat was die slegste show wat jy nog beleef het en hoekom?
Die slegste show was toe ek eenkeer op die verhoog kom en die gehoor is klaar so dronk dat niemand regtig meer aandag kon gee nie. Niks is erger as om jou hart uit te perform en mense stel net nie belang daarin nie.

Wat maak jou kwaad?
Die wanvoorstelling van wie ons is as ’n kultuur – die stereotiepe ideologieë wat sommige mense het oor wat dit is om coloured of ’n vrou te wees.

As jy enige carbs elke dag kon eet, wat sou dit wees?
’n Lekker goeie roti.

) Shimmy is 20:15 op 25 Augustus in die Protea Hotel Fire & Ice te sien. Bespreek jou kaartjies teen R120 by 082 095 6595 of quicket.­co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters