9 maande gelede
Vrae oor Fisher se afsterwe
wonder: Die oorsaak van Debbie Reynolds se dood is duidelik, maar nie so vir Carrie Fisher nie. Foto: tvgcdn.net  ~ 

DIS bevestig: Debbie Reynolds is dood nadat ’n aar gebars en bloeding op die brein veroorsaak het.

Só lui haar doodsertifikaat, volgens TMZ.

Luidens die dokument was die amptelike oorsaak van haar dood eintlik ’n beroerte.

Dit lys ook hipertensie as die onderliggende oorsaak van die beroerte.

Reynolds is op 28 Desember op 84 in Los Angeles dood ’n dag ná die dood van haar dogter Carrie Fisher (60).

Todd, Reynolds se seun, het 911 gebel en sy is hospitaal toe gehaas.

Reynolds het net voor die beroerte gesê sy mis Fisher en wil by haar wees.

Gepraat van Fisher, haar doodsertifikaat stel dit nie duidelik hoekom haar hart skielik gaan staan het nie.

Die dokument, wat TMZ in sy besit het, lys die oorsaak as “cardiac arrest/deferred”.

Met ander woorde die dokters moet meer toetse doen om die trigger te vind van die massiewe hartaanval wat sy op ’n vliegtuig gehad het.

Die site sê nog toksikologiese toetse moet gedoen word om te kyk of daar enige drugs in Fisher se stelsel was wat tot haar dood kon gelei het.

I don’t want to speak ill of the dead, maar sy het mos jare met verslawing gesukkel.

Dit sal ’n jammerte wees as haar naam weer daarmee verbind sou word . . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters