7 maande gelede
Van Kim se rowers vas
kim kardashian Foto: instyle.com  ~ 

EK SIEN toe ’n nuwe spin op die hele Kim Karda­shian-storie oor haar nagmerrie-ervaring in Parys in Oktober.

Volgens Associated Press het die Franse cops nou alreeds 17 mense gearresteer in verband met die voorval waarin juwele van meer as R136 miljoen gesteel is.

Hulle het ook Maandag verskeie wapens gevind en ’n moerse klomp geld in verskeie klopjagte.

Die cops sê die arrestasies het om 06:00 begin op verskillende plekke in Parys en in die suide van Frankryk.

Die verdagtes tussen 23 en 72 was aan die cops bekend vir ander rooftogte en ander misdade.

Verskeie vuurwapens, insluitend ’n outomatiese pistool en sowat R2 miljoen kontant is in die raids gevind.

Die cops het anoniem gepraat, maar die aanklagkantoor in Parys het bevestig 17 mense is gearresteer.

Hulle wou nie bevestig of dit die vyf insluit wat die eintlike rooftog uitgevoer het nie.

En soos ek gister gesê het, nou moet ek wragtag my hoed opvreet en om verskoning vra aan die Kardashian clan.

Want ek het mos gedink dis ’n wolhaarstorie . . .

Laas jaar was glad nie goed vir Kim nie. Want nie net is sy beroof nie, maar Kanye West se kop het heeltemal uitgehaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters