9 maande gelede
Trump gee Streep ’n paar dwarsklappe
meryl streep Foto: trbimg.com  ~ 

WIL die clown Donald Trump nie maar net sy bek hou of van Twitter wegbly nie?

Veral nou, ná Meryl Streep se striemende aanval op hom by die Golden Globe-toekenningsplegtigheid. (Ja, Streep het nie sy naam genoem nie, maar almal weet wie in haar visier was.)

Nadat sy hom onder meer ’n boelie genoem het, het die Combover King teruggekap en haar onder meer as ’n “Hillary Lover” bestempel, whatever that means.

Hy meen Streep, “wat my nie ken nie, maar my gisteraand by die Golden Globes aangeval het”, is een van die mees overrated aktrises in Hollywood.

“Sy is ’n . . .” skryf hy en dan laat hy dit daar. Ek kan maar net raai, van ’n man wat mos al gesê het ’n mens moet vroue sommer aan hul . . . gryp, nè.

Hy sê ook hy het nooit ’n gestremde verslaggewer geboelie nie, maar dat hy hom net gewys het . . .

Wat gewys het, weet ek nie, maar ek sidder om te dink.

Good heavens, help us: Aan dié man word binnekort die kodes vir ’n arsenaal kernwapens toevertrou.

Unstable much? Just add foam to mouth.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters