Verlede maand
The Don is glad nie beïndruk nie
terminator: Arnie se eerste Celebrity Apprentice het nie so goed gevaar nie. Foto: urbansplatter.com  ~ 

DIE Yank prez-elect is nie amused nie.

Yep, King Combover, The Donald, het mos sy bek uitgespoel oor Arnold Schwarzenegger op Twitter.

Associated Press sê die prez het gesê Arnie was swamped in Celebrity Apprentice soos verduidelik deur die ratings machine DJT.

“So much for being a movie star,” het Trump ge-tweet.

Maar wie gee om, vra Trump, want Arnie het mos vir Kasich en Hillary ondersteun.

Arnie het op sy beurt ge-tweet dat Trump samblief sal hard werk vir die Yank-mense, net so hard soos hy vir sy ratings gewerk het.

Hy verwys natuurlik na Trump se termyn as reality star van The Apprentice, en Celeb Apprentice.

Maar Trump het ’n punt beet. Want toe hy die eerste keer op 4 Januarie 2004 in die show verskyn het, het dit 18,49 miljoen kykers gelok, maar Arnie het met net 4,95 miljoen afgeskop.

Eish ...

Die eerste episode van Trump se Celeb Apprentice in 2015 het 6,81 miljoen viewers gelok, meer as 63% minder as 11 jaar vroeër.

But then again, in die on demand world van ons drop ratings soos vlieë, en ou en lam TV- programme rate nie eintlik meer nie. Net my stuiwer in die armbeurs.

Ek dink selfs die Terminator sou ’n beter president gewees het as die arsehole wat nou op ons wag ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters