9 dae gelede
Obamas begin hul koebaai met celeb-paartie
koebaai: Die Obamas het ’n moerse farewell-paartie in die Withuis gegooi. Vele celebs was daar. Foto: gettyimages.com  ~ 

DIE coolste couple in town!

Ek lees op Channel24 die Obamas het een moerse farewell-paartie in die Withuis gegooi en dit sal nog lank onthou word.

En as jy so na die prentjies op die social media kyk, was die who’s who daar. Maar ek is nie genooi nie!

’n Spesifieke guest list is nie uitgegee nie, maar onder die celebs wat dit bygewoon het, is Nick Jonas, Jay Pharoah, Olivia Wilde en haar partner, Jason Sudeikis, Chrissy Teigen en haar man, John Legend, Kelly Rowland, Tim Wi­therspoon, Wale en La La Anthony.

Groot kanonne soos Al Sharpton, Usher, Tom Hanks en Meryl Streep was ook daar.

Harvey Weinstein, ’n grote in Hollywood-kringe, Chris Rock, Stevie Wonder, Bruce Springsteen, Gwyneth Paltrow, Paul McCartney, Tyler Perry, Sarah Jessica Parker, Marc Anthony en Oprah Winfrey het ook gesig kom wys.

Ek sweer Donald Trump sal nie ’n fraksie van dié lot by sy farewell kry. Of miskien wel, want almal sal seker opdaag net om te kyk of hy werklik koebaai gaan sê ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters