9 maande gelede
Model voel sorry vir Kim
AG SHAME: Naomi Campbell voel jammer vir Kim Kardashian. FOTO VERSKAF  ~ 

NAOMI Campbell simpatiseer met Kim Karda­shian.

Page Six berig die supermodel het bekend gemaak dat sy ook in Parys aangeval is.

“Ek simpatiseer baie met haar, want ek het my aanval stil gehou, maar in 2012 is ek in Parys aangeval,” het Naomi in die Wendy Wil­liams Show vertel.

Sy het gesê: “Hulle het my van die lughawe af agtervolg en my aangeval.

“Hulle het my kardeur oopgeruk en gesê: ‘Naomi Campbell, ons gaan jou doodmaak.’ ”

Naomi het die ontwerper Azzedine Alaïa besoek en sy mense het toe kop uitgesteek en haar kom help.

Die model het vertel: “Jy besluit in ’n breukdeel van ’n sekonde: Gaan ek dat die ou my sak met my paspoort gryp of gaan ek daarvoor ba­klei?

“My besluit was dat ek nie my handsak sal laat gaan nie.”

Noami sê haar en Kim se voorvalle is deel van ’n sindikaat wat al jare operate en dat die driver daarvan geweet het. – Page Six

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters