Verlede maand
Minaj en rapper glo in bekgeveg
nicki minaj Foto: hawt celebs.com  ~ 

EN HIERDIE is nou regtig net vir hardcore fans.

Nicki Minaj en die rapper Meek Mill is eintlik uitmekaar oor een moerse fight op haar verjaardag verlede maand.

En as jy TMZ glo, was dit nie oor cheating nie.

Ingeligtes na aan die couple sê hulle was haaks op die eiland Turks and Caicos.

Glo omdat Meek met sy buddies uitgehang het en nie genoeg aandag aan Nicki gegee het nie.

Sy het ballisties geraak, en dit het hom net afgepis, in so ’n mate dat hy sommer van die eiland af gewaai het. En dis hoe sy net gesê het “screw this”. En boom! die vryery is verby.

Daar was mos gerugte dat Meek met ’n girl genaamd Sonye Rasool rondgespeel het en dis hoekom Nicki die ou onder sy gat geskop het.

Sonye sê mos sy en Meek het jare voordat hy Nicki ontmoet het, ’n ding aangehad. Maar sy ontken dat hulle nou iets aan het. Bliksem, nog aardskuddende nuus, nè ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters