2 maande gelede
Meryl doen dit in grace
Meryl streep Foto: justjared.com  ~ 

EK WAS nooit eintlik ’n Meryl Streep fan nie.

Maar wanneer jou vrou een is, begin jy saam kyk. En toe raak sy oor die jare my fav yummy mummy.

Soos ’n dude op Twitter dit opgesom het – Meryl Streep kan toilet toe gaan en dan sal sy ’n Oscar of een of ander award kry.

Sy het by Sondag se Golden Globe Awards wéér een gekry – dié keer die Cecil B DeMille Award.

Maar dis nie eintlik waaroor die storie gaan nie.

Sy het in haar acceptance speech behoorlik onder die Combover King Donald Trump ingeklim sonder om hom een keer by die naam te noem.

Streep het Trump gekritiseer oor sy verklarings oor sekere groepe, insluitend buitelanders en joernaliste.

Die saal het stil geword en haar sêgoed het op social media platforms ge-trend.

Streep het behoorlik onder Trump ingeklim deur te sê sy het tydens die man se campaign rillings gekry, veral oor sy behandeling van ’n gestremde New Yorkse verslaggewer.

“Hollywood is vol buitelanders, so as jy hulle uitskop, daan daar niks wees om na te kyk nie, behalwe voetbal en mixed martial arts. En martial arts is nie art nie . . .

You go, girl!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters