5 maande gelede
‘La La Land’ ryg ’n rits Bafta-benoemings in
wenner? Die fliek La La Land het 11 Bafta-benoemings. Foto: fastcompany.net  ~ 

KORT nadat La La Land nuwe rekords by die Golden Globes opgestel het, lei die fliek ook die benoemingslys van die British Academy of Film and Television Arts ­(Bafta).

Die fliek het sewe Golden Globes gewen en is die wenner in ál die kategorieë waarin hy benoem is. Die hit musical het nou 11 Bafta nominations ingeryg.

Dit is gevolg deur die flieks Arrival en Nocturnal Animals, met nege nomina­tions elk, en Manchester by the Sea, met ses.

Die Bafta-plegtigheid word op 12 Februarie in die Royal Albert Hall in Londen gehou. La La Land gaan weer groot wen. I’m calling it.

Hollywood het mos die gewoonte om van tyd tot tyd op een ding of genre te fikseer.

Jare later dink jy: Wat de hel het hulle besiel? as jy weer na die fliek kyk, en dan fikseer die res van die wêreld saam met jou.

Dink maar aan Forrest Gump, as jy nou wil verstaan wat ek bedoel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters