6 dae gelede
‘Krotoa’ ontstel, maar dit keer nie dat almal wil kyk
crystal-donna roberts (krotoa) FOTO VERSKAF  ~ 

KROTOA het baie mense ontstel, maar dit het nie die fliek by die loket gekeer nie.

Meer as 7 500 mense het dit al gaan kyk en dit het al byna ’n halfmiljoen rand gemaak op pad na ’n plek in die nasionale toptien-chart.

Krotoa is die storie van die jong Khoi-meisie wat van haar stam weg is om in diens van Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) te wees.

Krotoa (Crystal-Donna Roberts) leer die Nederlandse taal en kultuur aan en word ’n tolk vir Van Riebeeck.

Dit lei tot verwerping – eers deur haar eie mense en later ook deur die setlaars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters