7 maande gelede
Kim deel haar vrese oor rooftog op KUWTK
kim kardashian Foto: vogue.com  ~ 

EN NOU vir aardskuddende nuus!

Ek het mos gedink die Kardashian clan het ’n klomp stront gepraat vir attention.

Maar magtag, hier moet ek nou my hoed staan en opvreet.

Ek lees nou net op eonline.com dat die Franse mos hul sake agtermekaar gekry het deur 16 verdagtes te arresteer in verband met die rooftog op Kim in Oktober verlede jaar.

Kim het mos eers onlangs, drie maande ná die rooftog (at gun­point), weer haar gesig op social media gewys.

Kortliks, die rowers het haar mos met guns in Parys aangehou terwyl hulle amper $11 miljoen (meer as R150 miljoen) se jewellery gesteel het, insluitend haar diamantringe, waaronder dié van Kan­ye.

Ná die roof het ’n insider (wie dan anders?) gesê dit gaan beter met Kim, maar dat sy maar sukkel en counselling ondergaan.

Haar susters staan haar ook by.

Sy het so ’n bietjie van haar vrese gewys deur te praat op Keeping Up with the Kardashians waarin sy gesê het sy het gedink hulle gaan haar in die rug skiet.

“Daar was geen uitweg nie. Dit maak my so ontsteld net om daaraan te dink.”

Alles sal volgens eonline.com eksklusief in Maart uitgesaai word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters