9 maande gelede
Kelly deel skokke in boek
shocker: Kelly Osbourne los ’n paar bomme in haar boek oor haar pa, Ozzy. Foto: justjared.com  ~ 

G’N WONDER die arme girl is so screwed up nie.

Ek sou ook ’n bietjie kêns gewees het as my ma baie siek was en my pa OD dan ook nog.

Kelly Osbourne, dogter van die hellraiser Ozzy Osbourne, het presies dít deurgemaak.

Ek lees op Fox News sy vertel in haar boek, There is no f*cking Secret, dat haar pa ge-overdose het toe hy hoor sy vrou, Sharon, het ’n beroerte gekry tydens haar kankerbehandeling.

Kelly onthou nog dat toe sy na haar pa toe gehardloop het om vir hom te sê hulle moet dadelik met haar hospitaal toe gaan, hy net daar in sy boxers gesit het.

Hy het toe sy hand in ’n bak vol pille gedruk en dit afgesluk met ’n bek vol vodka.

Later in die ambulans het hy sy hand na Sharon toe uitgesteek om te check of sy nog asemhaal.

Toe pass hy net daar bo-op haar uit. Die paramedici het probeer om Ozzy van Sharon af te kry, maar die ou was so out of it dat hy homself teëgesit het.

Op die ou end wou hulle die cops bel, maar Kelly het gepleit dat die cops nie moet kom nie. En toe zip-tie sy haar eie pa se hande aan ’n pyp vas.

By die hospitaal is Sharon in een kamer gesit, terwyl Ozzy dadelik vir OD en alkoholvergiftiging ge-treat moes word.

Ek kan nie hierdie shit opmaak nie, al wil ek.

En ek het sommer nou ’n bietjie meer respek vir die arme kinders van legends . . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters