4 maande gelede
Gospelsangeres toe nie in DeGeneres se show
praat: Ellen DeGeneres en Pharrell. Foto: etonline.com  ~ 

ELLEN DeGeneres is mos nie op die bek geval nie.

Die ster Pharrell het mos soos scheduled verlede week in haar show verskyn.

Maar hier’s die jam: Hy sou mos saam met die sangeres Kim Burrell (ek dink sy’s ’n gospel-een) opgetree het.

Maar toe nie. Ellen het egter nie Burrell ’n mis gegee nie.

Volgens Associated Press het DeGeneres in die episode met Pharrell gesê sy dink nie dit sou ’n goeie ding wees om haar in die show te hê om haar ’n platform te gee nie.

Sy het toe verwys na die kerkpreek wat Burrell onlangs gegooi het waarin sy gesê het gay en lesbiese mense is pervers.

Ellen het vertel hoe sy baie haat, vooroordele, en diskriminasie moes trotseer omdat sy gekies het vir wie sy lief wil wees.

Sy is ook heeltemal oorbluf daaroor dat dit ’n swart Amerikaanse vrou is wat sulke vooroordele het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters