6 maande gelede
Golden Globes se moments
groot wenner: Die fliek La La Land het in sewe kategorieë gewen. Foto: abc.com  ~ 

EN TOE het die Golden Globes gekom en gegaan.

nie snaaks nie: Jimmy Fallon het die jaar se Golden Globes aangebied. Foto: aolcdn.com
groot wenner: Die fliek La La Land het in sewe kategorieë gewen. Foto: abc.com
baie geluk: Sly se dogters is as die Miss Golden Globes aangewys. Foto: justjared.com
surprise: Brad Pitt het ’n ovation gekry toe hy sy fliek Moonlight voorgestel het. Foto: justjared.com

Ek lees op Toofab ’n paar “moments” het gebeur wat die buzz aangehelp het.

Eerstens was daar natuurlik die biggest winner dié jaar, die song ’n’ dance-fliek La La Land.

La La Land was gaga oor die movie met Ryan Gosling en Emma Stone.

Albei het vir hul rol ’n beeldjie ontvang.

Maar die fliek het in al sewe kategorieë waarvoor hy benoem is, skoonskip gemaak, onder meer best picture vir musical or comedy, natuurlik ook best actor en actress, en best director.

Die fliek het sommer ’n rekord daarmee opgestel, na One flew over the cuckoo’s Nest en Midnight Express, wat albei ses losgeslaan het.

Jimmy Fallon, die aanbieder, het maar crappy begin, want hy moes mos improvise. Sy teleprompter het mos gaan staan en lam.

Maar een ding waarmee hy nie kon wegkom nie, was sy awful Chris Rock impression.

En Rock is al klaar ’n pyn in die gat.

Die sekskat Sofia Vergara het op TV maar ’n vreemde aksent wat kamma kastig nie so goed die Inglis doen nie.

Toe spreek sy die woord “annual” as “anal” uit. Sommer ’n paar keer.

Maar flou, nè, want sy moes Miss Golden Globe aanbied. Wat al drie gegaan het aan Sly Stallone se dogters.

En daar maak Michael Keaton sy naam ook toe gat deur die flieks Hidden Figures en Fences te confuse met Hidden Fences.

Daar is nog te veel om op te noem, maar wie doen toe ’n surprise visit op die stage?

Brad Pitt van alle mense. Hy het relaxed en glad­geskeer gelyk toe hy die clip voorgestel het van Moonlight, wat best picture vir drama gewen het. Pitt was een van die producers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters