9 maande gelede
Globes se awkwardste oomblik
Harper's Bazaar  ~ 

Soos alle toekennings seremonies het die Golden Globes sy fair share gehad van awkward moments, maar dis Emma Stone wat ons die mees jammer kry.

En dis heeltemaal oor hierdie oomblik, soos La La Land se Damien Chazelle opgestaan het om sy toekenning vir Beste Oorspronklike Draaiboek te ontvang:

Emma – wat in die mega-suksesvolle musical speel – was heel bly hieroor en wou Damien geluk sê met ‘n drukkie soos hy opgestaan het.

Maar Chazelle was in die middel van ‘n omhels met sy meisie. Die arme aktrise!

Dit blyk egter of Emma gekies het om die snaakse kant van die verleentheid te sien en hoekom sou sy nie? Dit was glad nie ‘n slegte aand vir haar nie. Sy het met die Golden Globe vir beste aktrise in ‘n komedie of musikale fliek weggestap – en dìt maak haar ‘n serious contender vir Oscar-glorie.

So ons neem aan daar sal nog baie geluk-sê-drukkies wees. Kom ons hoop net dis minder awkward volgende keer. - metro.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters