5 maande gelede
Dr Dot moan oor diva Mariah op haar tafel
mariah careyFoto: GOTCELEB.COM  ~ 

’N BOBAAS-masseuse – wat betaal word om kliënte te byt – is die nuutste Hollywood insider wat iets oor Mariah Carey se diva-gedrag te sê het.

Page Six berig Dot Stein a.k.a. Dr. Dot spesialiseer daarin om mense in mas­sage-sessies te byt.

Sy het al aan talle celebs soos Lady Gaga en Kanye West gekou.

In ’n onderhoud met Architectural Digest het die masseuse iets oor Mimi se ways te sê gehad.

“Dis ’n groot production om haar te massage. Sy wil nie hê enigeen moet aan haar dekens raak nie. Sy weier om op ’n massage-tafel te lê,” kla Dot.

Die masseuse voeg by: “God forbid my spoeg het aan haar geraak; sy sou ontplof het. So, ek het nie vir Mariah gebyt nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters