8 dae gelede
Angie en brad praat nou tog uit een mond
praat saam? Angelina Jolie en Brad Pitt het ’n joint statement oor hul divorce gemaak. Foto: justjared.com  ~ 

MISKIEN is dít hoekom Brad Pitt so kalm en relaxed gelyk het met sy verrassingsbesoek Sondag aan die Golden Globes Awards-aand.

Hy en Angelina Jolie het nou volgens Associated Press tot ’n vergelyk gekom oor hoe om hul divorce te hanteer. Hulle het dit in ’n gesamentlike statement bekend gemaak.

Hulle sal voortaan alles privaat hou en selfs van ’n privaat judge gebruik maak.

Dis die eerste gesament­like verklaring deur die twee nadat Jolie in September die bom laat bars het.

En wat ’n shitty jaar was dit vir Pitt.

Eers sy vrou se bom, blykbaar terwyl hy nie ’n clue gehad het wat op hom wag nie. Toe ondersoek die FBI, van alle dinge, hom oor hy glo abusive teenoor hul 15-jarige seun was. Pitt het gelukkig ’n skoon audit gekry.

Bygesê, ek dink nie Jolie is so onskuldig soos sy haarself voorstel nie.

It takes two to tango, nè, en sy het hom juis mos van Jennifer Aniston afgevry.

Privaat judges word dikwels in hoëprofiel-hofsake gebruik.

Die custody van die telge was die eintlike struikelblok in die settlement, met Jolie wat eers vir alleen-custody gevra het.

Die messy-geit het wêreldwyd aandag getrek en in Desember het Pitt gevra die custody-rekords moet geseël word.

Die verhoor is vir volgende week geskeduleer.

Will keep you posted.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters